SUKSESVOLLE JAAR VIR BERNINA PAARL
Na slegs 18 maande in die tuig as BERNINA handelaar het Karike Conradie en haar span daarin kon slaag om hul uitdagende verkoopsbegroting te oortref om sodoende die 2de plek as Handelaar van die Jaar in te neem.
Karike sê: "Ons as Bernina Paarl- span is baie dankbaar oor wat ons bereik het in die laaste jaar. Dit was ’n ware spanpoging, waar almal verseker uit hulle gemaksone moes leer werk. Ons is dankbaar vir die platvorm wat Hanlie Snyman oor 33 jaar vir ons gelê het waarop ons kon voortbou asook Hanlie en BERNINA RSA se volgehoue ondersteuning; altyd net ’n oproep vêr. Ons sê ook dankie vir ons Hemelse Vader wat ons deurgedra het en steeds dra.
Dankie vir ons ou kliënte wat ons steeds ondersteun. Ons is ook baie opgewonde oor al die nuwe gesiggies wat te sien is in die winkel. Saam met die Kikka-span met hulle 20 jaar ondervinding in die gasvryheids- en blommebedryf , streef ons daarna om ’n volgehoue warm en vriendelike omgewing te skep waarin kliënte kreatief kan floreer.
Alle voorspoed aan die ander handelaars in die BERNINA-familie. Saam bereik ons meer!"
Baie geluk aan die BERNINA Paarl-span! Uitstekende prestasie!